12 dae gelede
Infeksies in KZN-skole styg skerp
coronavirus,education,leel 3
Klaskamers regoor die land word gereeld gereining.  ~ Foto ter illustrasie: Themba Hadebe

DAAR is 'n skerp styging in die aantal infeksies onder onderwysers in KwaZulu-Natal.

Sihle Zikalala, die premier, sê skole in die provinsie is 'n weerspieëling van hul gemeenskappe.

"Soos die getalle van positiewe gevalle daagliks regoor die land styg, verwag ons om 'n styging in gevalle by skole te sien," sê Zikalala.

Daar was laas week 74 gevalle by skole waarvan 57 onnies is en 13 leerders. Die afgelope week het die aantal infeksies by skole tot 187 gestyg. 139 daarvan is onnies en 37 leerders.

Zikalala sê dis baie belangrik om die situasie in skole te bestuur om die risiko van verdere verspreiding te verminder.

KZN het 7 786 gevalle van Covid-19. 3 417 mense het al in die provinsie van die virus herstel terwyl 112 daaraan dood is.

Die eThekwini metro en iLembe- en uMgungundlovu-distrikte het die hoogste aantal gevalle in die provinsie. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters