Verlede maand
Infeksie-syfer wek kommer
Coronavirus. COVID-19. 3D Render
Die Garden Route het 'n styging in infeksies en hospitalisasies getoon.  ~ Getty Images

DAAR is belowende tekens van ’n afname in Covid-19-infeksies, hospitalisasie en sterftes in die Wes-Kaap.

Die styging in infeksies en hospitalisasie in die Tuinroete wek egter kommer.

Alan Winde, premier, sê die gesondheidsorgstelsel in dié gebied is onder toe­nemende druk.

“Ons dink dat baie areas regoor die provinsie op verskillende vlakke van hul infeksie-kurwe is, en die Tuinroete het dalk nog nie sy peak bereik nie.

“Dit is daarom belangrik dat ons volhou om hard te werk en te verseker dat ons die verspreiding regoor die provinsie vertraag.”

Huisbesoek

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid gaan nou bykomende hulpbronne aan hospitale in die streek toeken. Dit sluit in by­komende personeel en die toerusting wat nodig is om hoëvloei-suurstof nasaal toe te dien. Die hospitale in Oudtshoorn en Knysna het reeds toerusting ontvang.

Winde sê die Tuinroete-distriksmunisipaliteit se gesondheidswerkers doen reeds huisbesoek by mense wat positief getoets is en maak seker dat hulle in afsondering is.

Begrafnisse word ook bygewoon om toe te sien dat protokol gevolg word.

Intussen gaan Bongi­nkosi Madikizela, die minister van vervoer en openbare werke, die langnaweek ’n draai in die streek maak.

Roadblocks gaan dan in Bitou, Knysna en George gehou word om seker te maak langafstand-taxi’s is net 70% vol gelaai.

Nomafrench Mbombo, die Wes-Kaapse minister van gesondheid, gaan volgende week op ’n vier dae lange besoek aan die streek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters