18 dae gelede
Inentings is goed op dreef, sê hoof
IN BEHEER: Dr. Keith Cloete is die Wes-Kaapse gesondheidshoof.  ~ Peter Abrahams

GEEN ernstige newe-effekte is sover opgemerk onder gesondheidswerkers wat ingeënt is nie.

Sowat 2 800 Wes-Kaapse gesondheidswerkers word daagliks as deel van die Sisonke/Johnson & Johnson-program ingeënt.

Volgens die provinsiale gesondheidshoof, dr. Keith Cloete, is die plan om daagliks 3 000 dosisse in die provinsie toe te dien.

Cloete het die media en die publiek gister in die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, se weeklikse virtuele perskonferensie toegespreek.

Hy meen die gesondheidsdepartement is goed op pad om dié doel te bereik.

Cloete sê: “Ingevolge die inligting wat ons sover van die navorsers ontvang het rakende al die vaccinations en alle side-effects wat aangemeld is, is daar nie probleme nie.

Verwag

“Ons is bly om te sê daar is geen ernstige newe-effekte nie. Daar is klein side-effects aangemeld.

“Wat ek daarmee bedoel, is ’n effense swelling waar die entstof ingespuit­ is en ’n klein bietjie pyn.

“Sommige mense voel verkouerig vir ’n dag of twee.

“Dis eintlik die reaksies wat ons verwag het om met die vaccine te kom.”

Cloete sê verder alle aanduidings is dat die corona-virus vir nou onder beheer is.

Daar is tans 20 aktiewe gevalle onder gesondheidswerkers, sê hy.

Son het vroeër berig daar was sowat 1 000 gevalle onder gesondheidswerkers in die Wes-Kaap tydens die tweede golf in Desember.

Cloete maan almal om steeds op hul hoede te wees, want die derde golf bly steeds ’n bedreiging.

Volgens hom doen die departement alles in sy vermoë om ’n vroeë derde wave te vermy.

Hy moedig mense aan om in komende vakansiedae steeds die lockdown-regulasies te volg.

Cloete vra dat mense groot byeenkomste moet vermy en dat hulle die sosiale distansiëring toepas.

Hy sê verder: “As jy móét bymekaarkom, hou dit maar klein, hou dit kort, hou dit buite en hou dit stil – moenie sing nie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters