Verlede maand
Hulplyn met dokters bied foon-konsultasies
koronavirus, toetsing, toets
A member of medical staff swabs the mouth of a resident as she is testing him for a virus, during a nationwide lockdown for 21 days to try to contain the coronavirus disease (COVID-19) outbreak, in Alexandra, South Africa, March 31, 2020. REUTERS/Siphiwe Sibeko  ~ 

IN REAKSIE op die Covid-19-pandemie is ’n private nasionale mediese hulplyn ingestel om Suid-Afrikaners by te staan.

Dit volg nadat die positiewe gevalle van besmetting die kerf van 1 300 verbygesteek het.

Die hulplyn – ’n dringende respons uit die privaat sektor deur dokters wat primêre gesondheidsorg verskaf, om ’n “Doctors­ on Call”-diens in te stel – word ondersteun deur Nedbank, die KwaZulu-Natal Doctors Healthcare Coalition (KZNDHC), Usizo Advisory Solutions­ en Vula.

Inbellers sal die normale koste van ’n oproep betaal, maar nie betaal vir ’n “besoek” aan die dokter nie.

Meer as 450 dokters oor die land heen het gevolunteer om hulle professionele tyd en kundigheid aan die projek te bied.

Volgens prof. Morgan Chetty, hoof van die KZNDHC en lid van die taakspan wat saam met die regering werk om ’n reaksieplan teen die pandemie op te stel, sal alle rolspelers in SA hulle ondersteuning moet gee om dié pandemie te stuit.

Die projekleier, dr. Anuschka Coovadia, sê die ondersteuning van die projek kan ook help om die kurwe van besmetting te laat afplat sodat die gesondheidsdiens nie oorweldig word nie. Sodoende kan hulle meer lewens red.

Agent

Die Doctors on Call-hulplyn is opgestel om advies te gee aan bekommerde inbellers.

Die diens is oop op werksdae tussen 08:00 en 17:00, en word deur ’n span dokters beman.

Volgens Coovadia word dit beheer deur ’n oproepsentrum waar oproepe deur ’n opgeleide agent geneem sal word wat dan die oproep sal deursit na ’n dokter vir ’n telefoniese konsultasie.

Coovadia sê die betrokke dokters is opgelei volgens die nasionale gesondheidsregulasies.

Alle oproepe sal met die Vula app gedokumenteer word en dan sal referrals na die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) verwys word vir screenings en toetsing.

Al die data wat so gekry word, is in lyn met Nios se vereistes en regulasies.

Wanneer moet jy bel?

  • As jy die simptome van die corona-virus toon.
  • As jy ’n reisgeskiedenis het en voel jy kon blootgestel gewees het.
  • As jy blootgestel is op enige ander manier.
  • As jy bykomende inligting oor die virus nodig het.

Die hulplyn: 087 0550 234

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters