26 dae gelede
Hou by die protokols, vra medici
VERSOEK: Die Wes-Kaapse gesondheidshoof, dr. Keith Cloete, en die provinsiale gesondheidsminister, dr. Noma­french Mbombo, vra samewerking.  ~ Anele Mfazwe

DAAR is ’n risiko dat die derde golf van die pandemie vroeër kan kom as mense oor die komende vakansiedae nalatig is.

Die Wes-Kaapse minister van gesondheid, dr. Noma­french Mbombo, vra inwoners om in die komende vakansietyd versigtig te wees, want die corona-virus is nog tussen ons.

Ná dié komende langnaweek volg die Paasnaweek oor die eerste naweek van April.

Dan is dit Vryheidsdag op 27 April, sê Mbombo.

Oor die Paasnaweek sê sy: “Jy wil nie hê ’n mooi geloofsbyeenkoms moet in ’n super- spreader event ontaard nie.

“Dit is baie belangrik dat ons nie die derde golf vroeg ervaar nie.”

Toename

Volgens haar is dit moontlik om die derde golf te vertraag as inwoners die protokols volg wat nou al meer as ’n jaar geld. Die Wes-Kaapse gesondheidshoof, dr. Keith Cloete, sê in die algemeen is gevalle, hospitalisasies en sterfgevalle besig om te verminder.

Daar is egter klein toenames opgemerk in Mitchells Plain, die Kaapse Wynland-distrik en Witzenberg-distrik.

Cloete sê gesondheidswerkers gou ontplooi om die verspreiding te stuit. Hy sê verder die Pfizer-entstof sal na verwagting einde Maart of vroeg in April gelewer word.

Volgens hom sal die nasionale regering na verwagting volgende week ’n aankondiging in dié verband maak.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters