13 dae gelede
Hotspots in George kry spesiale aandag
Coronavirus. COVID-19. 3D Render
Spesiale aandag gaan aan Thembalethu en Pacaltsdorp gegee word.  ~ Getty Images

SPESIALE aandag gaan aan Thembalethu en Pacaltsdorp in George gegee word nadat dié gebiede as hotspots verklaar is.

Die tempo van Covid-19-infeksies het drasties in dié gebiede gestyg.

Chantel Edwards-Klose, woordvoerder van die George-munisipaliteit, sê ’n Covid-19-taakspan is besig met ’n bewusmakingsveldtog in die twee gemeenskappe om die oordrag van Covid19-infeksies te verminder asook om die morbiditeit en sterftes van kwesbare mense te verminder.

Een van die metodes is om 'n trailer met 'n banier deur strate in die omgewing te stuur. Posters word ook opgeplak.

Edwards sê radio-advertensies en uitsendings asook 'n sosiale media-veldtog gaan alles daartoe bydra om die gemeenskappe in te lig.  - George Herald

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters