13 dae gelede
Hospitale voel druk
STRES: Die gesondheidsorgwerkers by talle privaat en staatshospitale moet deal met ’n groot aantal pasiënte.  ~ Peter Abrahams

DIE land se gesondheidsorgstelsel is onder geweldige druk.

Daagliks hoor jy van mense wat in die hospitaal opgeneem is of sterf.

Teen Dinsdag is 3 323 pa­siënte gehospitaliseer; 374 van hulle in hoësorgeenhede.

Staatshospitale én privaat hospitale ervaar tans ’n toe­name in pasiënte.

Mediclinic bevestig hierdie toename in Covid-pasiënte.

Luidens ’n verklaring het opnames veral die afgelope twee weke in KwaZulu-Natal en Gauteng toegeneem.

Vanuit voorlopige syfers blyk dit dat opnames in die Tuinroete en ander dele van die provinsie begin stabiliseer, maar die getalle is nietemin steeds hoog.

Poging

Dr. Gerrit de Villiers, groephoofbestuurder van kliniese prestasie by Mediclinic Internasionaal, verduidelik hulle implementeer bykomende maatreëls om kapasiteit te vermeerder.

“Hulpbronne, veral personeel, noodsentrums en hulpbronne vir kritieke sorg is onder groot druk.

“In ’n verdere poging om die toenemende aanvraag te hanteer, het Mediclinic die beskikbare getal beddens vir Covid-19-pasiënte reeds vermeerder in afdelings soos die hoësorgeenheid.”

Hy voeg by Mediclinic het minder belangrike operasies by sekere hospitale af- of uitgestel. Noodoperasies word wel by alle hospitale gedoen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters