Verlede maand
Hospitale voel Covid druk
Hospitale begin die druk an Covid19 voel.  ~ 

TERWYL die Covid-19 gevalle toeneem is daar ook meer druk op die gesondheidsdiens, met hospitale wat ook 'n toename ervaar in algemene maar ook hoësorg-eenheid toelatings.

Teen Woensdag was daar 665 pasiënte by staats-en in private-hospitale in die provinsie, in algemene sorg met 'n verdere 178 in ICU of die hoësorg-eenheid.

Sowat 1 337 pasiënte was teen Maandag in isolasie- en kwarantynfasiliteite in die provinsie.

In 'n verklaring sê die provinsie: "Daar is 325 pasiënte by designated isolasiefasiliteite, van wie 282 in die Kaapse metro is en 43 buite die Stad Kaapstad.

"Verder is 137 by kwarantynfasiliteite, van wie 103 buite die Stad Kaapstad is en 34 in die Kaapse-metro."

  

Sedert die begin van die pandemie het 1 188 gesondheidswerkers in die publieke sowel as die private sektor positief getoets.

"Van hierdie het 595 herstel, is ag Covid-19-verwante sterftes en is daar tans 585 aktiewe gevalle."

Tygerberg-hospitaal met 221 werkers het die meeste bevestigde gevalle.

Van die 1 188 bevestigde gevalle is 1 010 in die staatsdiens.

"Hiervan is 61 dokters, 560 nurses en 389 ander gesondheidsorgwerkers.

"Van die dokters het 29 herstel en is daar tans 32 aktiewe gevalle. Van die nurses is 333 aktiewe gevalle, 223 het herstel en is daar 3 Covid-19-verwante sterftes.

"Van die ander gesondheidsorgwerkers het 210 herstel met 177 aktiewe gevalle en 3 Covid-19 verwante sterftes. Die sterftes sluit in twee skoonmakers en een portier."

Bevestigde gevalle by van die hospitale
  • 130 by Groote schuur-hospitaal
  • 221 by Tygerberg-hospitaal
  • 61 by Khayelitsha-hospitaal
  • 57 by Nuwe Somerset-hospitaal
  • 50 by Rooikruis-kinderhospitaal
  • 42 by Lentegeur-hospitaal
  • 34 by Karl Bremer-hospitaal
  • 26 onder EMS
  • 25 by Victoria-hospitaal
  • 24 by Mitchells Plain-hospitaal

Volgens die verklaring het 126 van die 170 gevalle in die privaatsektor herstel met 42 aktiewe gevalle.

"Die twee Covid-19 verwante sterftes by private hospitale is 'n GP en 'n nurse."

Die ag ander bevestigde gevalle is onder nie-regeringsorganisasies en private apteekpersoneel.

Hiervan is het sewe herstel en is daar een aktiewe geval.

Die departement van gesondheid sê: "As deel van voortdurende samewerking word opleidingsessies aangebied."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters