4 maande gelede
Hospitale maak gereed
AFGESPER: By die Tygerberg Hospitaal is klaar borde waarop staan waar toetsing vir Covid-19 gedoen word.  ~ Jonathan Lestrade

TERWYL die hele land tot stilstand gekom het, gaan daar nou instellings wees wat bitter hard werk.

Son het gister gaan kyk en gesien die Tygerberg Hospitaal maak gereed vir wat voorlê.

Streng sekuriteitsbeamptes het die hospitaal opgepas en gou gewys: Bly weg as jy nie hier hoort nie.

Die Tygerberg Hospitaal is geïdentifiseer as een van die hospitale waar Covid-19 behandel gaan word.

Daar is ’n afdeling wat ’n hening reg rondom het met aanwysingsborde waarop staan: “Corona­virus Testing Centre”.

Agter groot cones wat die pad versper kan ’n groot wit tent gesien word wat intussen opgerig is.

Niemand onregmatig word naby hierdie tent toegelaat nie.

Net ’n paar minute nadat Son in die area gestop het, het die sekuriteit vinnig die fotograaf gekeer en gevra wat hy daar soek.

Standaarde

Son se fotograaf Jonathan Lestrade moes toe sy foto’s wys en ’n paar delete.

Zara Nicholson van die Stad Kaapstad bevestig dat hulle 170 sites regdeur die land in al 44 distrikte en 8 metro’s as kwarantyngebiede geïdentifiseer het.

Nicholson sê hulle wag nou net op die departement van gesondheid wat hulle beoordeling sal afhandel en moet bevestig of die kwarantyn­gebiede aan die neergelegde standaarde voldoen.

Nicholson het bygevoeg: “In hierdie stadium gaan ons nog nie die lys plekke publiseer voordat die departement van gesondheid die go-ahead daarvoor gegee het nie.”

BLY BUITE: Hierdie gebied by die hospitaal word deeglik afgesper en goed opgepas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters