26 dae gelede
Hospitale brei fasiliteite uit
AG, SIESTOG: Danielle Kiewitz (23) se babaseun, Kydan (1), word ge├»mmuniseer.  ~ Melinda Stuurman

DIE Stad Kaapstad se gesondheidsdepartement brei steeds sy fasiliteite uit.

Die doel is om gewone gesondheidsdienste te verskaf en overcrowding te vermy.

Dr. Zahid Badroodien, die mayco-lid belas met gesondheid, het gister die eerste van dié fasiliteite geopen.

Die Elsiesrivier-daghospitaal is uitgebrei na die plaaslike civic centre. Gesondheidsdienste soos die immunisering van babas en TB- en MIV-behandeling word by dié fasiliteit verskaf.

Badroodien sê: “Daar is nou meer ruimte vir pasiënte. Ons syfers wys dat die aantal pasiënte wat kliniek toe kom vir gewone dienste soos die immunisasie van babas in dié tyd met 65% gedaal het.

“Die rede daarvoor is dat mense skrikkerig is om by ’n plek te wees waar baie mense bymekaarkom.

“Hulle vrees dat hulle dalk met die corona-virus aangesteek kan word.

“Met die uitbreiding van dié fasiliteit en vele ander kan mense kliniek toe kom sonder om te vrees dat hulle aangesteek gaan word.”

SEREMONIE: Dr. Zahid Badroodien (links) en rdl. Chris Jordaan langs hom by gister se opening. Foto: Melinda Stuurman

Volgens Badroodien is die uitbreiding van fasiliteite genoodsaak deur die corona-­virus-pandemie en die nood vir dienste terwyl social distancing gehandhaaf moet word.

Verwelkom

Meer as 150 fasiliteite sal deur die Stad uitgebrei word in die eerste fase van die projek, voeg hy by.

Die plaaslike wyksraadslid, Chris Jordaan, verwelkom die uitbreiding van die Elsiesrivier-daghospitaal in die civic centre.

Volgens hom gaan dit help om nuwe Covid-19-gevalle te beperk.

Jordaan noem dat hy bekommerd is oor inwoners in sy wyk wat steeds nie maskers wil dra nie.

“Daarom is ons besig met ons PPU’s (Public Participation Units) om mense meer bewus te maak,” voeg hy by.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters