Verlede maand
Hospitaal van hoop maak toe
hospitaal,hospital of hope,wes-kaap
HULP: Hospital of Hope, met 862 beddens, het sedert sy opening in Junie sowat 1500 Kapenaars wat Covid-19 gehad het, behandel.  ~ 

Die veldhospitaal wat by die Kaapstad Internasionale konfernsie sentrum ingerig was, het Vrydag sy deure gesluit.

Hospital of Hope, met 862 beddens, het sedert sy opening in Junie sowat 1500 Kapenaars wat Covid-19 gehad het, behandel.

Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê in 'n verklaring dat hulle van die begin af duidelik daaroor was dat die departement van gesondheid in die provinsie nooit 'n tekort aan beddens vir Covid-10-pasiënte moes hê nie.

"Ons wou ook seker maak dat almal 'n goeie gesondheidsdiens moes kry. Die hospitaal het dit en nog meer gebied."

Winde sê die hospitaal het fenomenale en pligsgetroue personeel gehad. 

"Hulle het lang ure en onder moelike omstandighede gewerk. Verder het hulle die risiko dat hulself ook siek kon word geloop. Nogtans het hulle elke pasient met die nodige sorg en respek behandel."

Volgens Winde het die hospitaal sy naam gestand gedoen en het daar baie stories van inspirasie uit die hospitaal gekom. Van dit sluit in dat 'n 104-jarige pasient asook 'n 93- en 88-jarige uit die hospitaal ontslaan is.

Ongelukkkig het 82 pasiente wat by die hospitaal opgeneem was dit nie gemaak nie. 

"Aan hulle geliefdes wil ons ons innige meegevoel betuig. Om 'n geliefde te verloor is nooit maklik nie, maar in die pandemie is dit erger."

Winde het elke rolspeler ook bedank. 

"Julle is deel van mense wat geskiedenis gemaak het. Die gesondheidswerkers was aan die voortou. Dankie aan die departemente, gesondheid en vervoer en openbare werke. 'n Spesiale dank aan die Coventian Centre omdat hulle die spasie aan ons toegestaan het.

Die Hospitaal van Hoop sal altyd as 'n simbool van goedheid in die pandemie gesien word."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters