Verlede maand
Hospitaal laat sekere besoeke weer toe
melomed
Foto ter illustrasie: Melinda Stuurman  ~ 

PASIENTE met Covid-19 wat by Melomed se hospitale behandel word, kan nou deur geliefdes besoek word.

Maar dit geld net vir die pasiente wie op hul laaste is, sê Shameema Adams, bemarkingsbestuurder van die private hospitaal-groep.

Private en staatshospitale moes vanweë die Covid-19 pandemie 'n geen besoeker beleid aanneem.

Verskeie hospitaaldienste is deur die Covid-19 regulasies geraak. 

Adams sê toe die land op vlak2 van die nasionale lockdown geskuif is, is van die regulasies ook verslap.

"Vir ons was dit 'n baie sensitiewe kwessie dat die geliefdes nie kon afskeid neem van hul mense wat op hul laaste is nie. Ons het toe voorsiening gemaak dat mense kan kom groet." 

SABC berig dat Adams sê hulle gaan streng protokol in plek sit en hulle sal ook die nodige PPE drag verskaf.

"Dit is net die regte, menslike ding om te doen."

Alle spesialisdienste en operasies gaan ook voort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters