22 dae gelede
Híér neem dodetal skerp toe
DODELIK: Teen druktyd het die getal Covid-19-verwante sterftes in Buffalo City op 160 gestaan.  ~ Netwerk24

DIE Buffalo City- metropolitaanse munisipaliteit (BCMM) se Covid-19 Command Centre het laas nog gesê die munisipaliteit het 129 sterftes aangeteken.

Dié week staan die aantal sterftes op 160.

Samkelo Ngwenya, die BCMM-woordvoerder, sê Oos-Londen bly die episentrum van die pandemie in hierdie Metro.

Hy sê op 19 Julie was die verspreiding van aktiewe gevalle soos volg:

  • Oos-Londen – 2 293 aktiewe gevalle met 71 sterftes;
  • Mdantsane – 991 aktiewe gevalle met 32 sterftes;
  • King William’s Town/Bhisho – 878 aktiewe gevalle met 56 sterftes.

Volgens Ngwenya doen die munisipaliteit weereens ’n beroep op alle inwoners van die BCMM en diegene wat daar visit om ekstra versigtig te wees omdat dié plek ’n hoë risiko inhou om met die corona-virus besmet te word.

Intussen loof die munisipaliteit die screenings en toetsing deur die gesondheidsdepartement.

Statistieke toon ’n groot sprong met betrekking tot die aantal toetse sedert die laaste verslag.

Luidens ’n update op 19 Julie deur die BCMM se Covid-19 Command Centre is daar 15 302 bevestigde gevalle, 10 782 recoveries, 4 631 aktiewe gevalle en 160 sterftes.

Tot nou het die mass screening- en toetsspanne sowat 227 550 mense ge-screen. Dis ’n groot sprong van die 203 979 individue oor wie laas gereport is.

Teen 18 Julie is 48 300 toetse gedoen. Dit is ’n groot sprong van die 44 065 van laas.

Volgens Ngwenya is dit reinforce deur die data wat ontvang is van die kontak-opsporingspanne.

Hy sê teen 11 Julie is 218 sterftes record in die munisipaliteit se ses gekombineerde privaat en openbare hospitale. Hiervan is 160 in die BCMM-gebied.

Daar is altesame 13 kwarantyn-sites wat aktief kwarantyn-gevalle admit.

Dit sluit uit die kwarantynpersele wat deur die munisipaliteit verskaf is en die veldhospitaal wat tans voorberei word.­

Ontslaan

Volgens Ngwenya is 42 mense opgeneem by die departement van gesondheid se sites wat verskaf is deur die departement van openbare werke.

Hy sê 32 mense is tans in isolasie en 29 mense is teen 19 Julie reeds uit die sites ontslaan.

Volgens Ngwenya is die turnaround-tyd vir ’n post mortem 72 uur – afhangend van die laboratoriumtoetse.

Ngwenya sê die munisipaliteit het in sy werkmag 209 bevestigde gevalle record. Daar was 120 recoveries en 8 sterftes.

Volgens hom is 1 576 personeellede teen 20 Julie gescreen en die screening duur voort.

Hy sê 450 werkers in verskillende departemente is touwys gemaak oor Covid-19. Altesame 1 592 werknemers van die BCMM is tot op hede getoets.

Volgens Ngwenya het die munisipaliteit 31 watertenke in villages geïnstalleer.

Hy sê noudat ál meer sake-ondernemings op vlak 3 oopmaak, doen die munisipaliteit ’n beroep op hulle om te sorg dat hul personeel en klante maskers dra, gescreen word en hul afstand handhaaf.

  • Bel 080 002 9999 oor enige Covid-19-gevalle.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters