16 dae gelede
Heroorweeg besluit, vra onnies, ouers
Skoolhoofde het gevra dat die besluit, om skole te heropen, herooweeg moet word.  ~ Foto ter illustrasie

BEKOMMERDE ouers en onderwysers in die Retreat- en Athlone-omgewing het Donderdagoggend hul stem dik gemaak teen die heropening van skole.

EWN berig dat betogings deur skoolhoofde in die omgewing gereël is.

Die hoofde voel die veiligheid van kinders en onderwysers, is met die heropening, in gedrang.

Wesley Neumann, skoolhoof van Heathfield Sekondêr, sê: "Daar is ook 'n skrywe aan pres. Cyril Ramaphosa gerig waarin ons kommer uiteengesit word.

"Al wat ons vra is dat die besluit om skole te heropen heroorweeg moet word, terwyl ons nog nie die peak bereik het nie."

Intussen weier onderwysers aan Laerskool Silverstream in Manenberg om na die klaskamers terug te keer. Dit tensy die hele skool gesluit en dan ontsmet word.

Die versoek kom nadat 'n kollega verlede week positief vir Covid-19 getoets het.

Een van die onderwysers noem dat sy bekommerd is dat sy haar man sal aansteek, wie onderliggende siektes het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters