Verlede maand
Hele dorp in isolasie
kliprand
Almal van die meer as 200 inwoners van Kliprand was aan die begin van die naweek in isolasie weens Covid-19.  ~ 

ALMAL van die net meer as 200-inwoners van 'n dorpie in die Weskus-distrikmunisipaliteit is in isolasie weens die corona-virus.

Boonop is die enigste twee winkels en die skool in Kliprand, deel van die Matzikama-munisipaliteit, en skool ook gesluit.

eNCA berig dat sowat 30 van Kliprand se inwoners het die dodelike virus opgedoen.

Die dorpie op die grens van die Wes-Kaap en Noord-Kaap se naaste hospitaal is ongeveer drie uur weg in Vredendaal, wat self battle met die virus, waar die Covid-afdeling ook reeds vol is.

Ds. Pedro Oktober, van VGK Vredendal, vertel aan die uitsaaier dat die Kliprand-gemeenskap is afgesonder van die res van die wêreld.

"Die enigste kontak vir hulle is nie eens via Telkom-lyne nie maar wifi. Daar is geen basiese bronne om daardie gemeenskap te ondersteun nie."

Volgens Oktober is daar ook 'n stigma onder mense in sy eie gemeenskap rondom die virus.

"Ek weet nie of dit onkunde of wat is nie," noem hy aan die TV-kanaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters