Verlede maand
‘Groot name’ wys skouers
Angus Mckenzie  ~ Facebook

JY KAN net jou een mou oprol om jou arm te expose vir daai famous stekie.

Of jy kan maak soos Angus McKenzie gemaak het en jou hele bolyf expose.

Die bottom line bly seker steeds dat jy vir jou jab gaan.

Dis presies wat politici die afgelope week gedoen het toe hulle vir hul eerste Pfizer jab gegaan het.

Nie net het die timing hul ouderdom expose nie, maar in sekere van die manne se gevalle, ook hul borshare en amper-amper six-pack.

McKenzie, bekende en aktiewe raadslid, vertel gister aan Son dat sy vrou ’n bietjie bekommerd was oor sy bors oral in die sosiale media versprei word. Sy weet egter dat dit vir ’n goeie doel was.

McKenzie grap: “As sy my wys, dan sê ek net dis vir ’n goeie doel. Maar op ’n ernstige noot moes ek my hemp losknoop om my arm te gee. My oë is toe omdat die kamera se flash afgegaan het.”

Angstig

McKenzie meen dat hy 100% voel ná die stekie.

“Ek wil graag vir mense sê dat die fake nuus en goete wat in die sosiale media versprei word oor die jab mense angstig maak. Hou asseblief op om dit te versprei.

“Ek is oukei. My vrou, wat die J & J jab gekry het, het kort daarna effe grieperig gevoel, maar sy is fine.

“Ons makeer nou meer as ooit tevore om as ’n land saam te staan sodat ons terug na normaliteit kan gaan.”

Intussen het Brett Herron van die Good Party ook vir sy jab gegaan, sowel as Muhammad Khalid Sayed, ANC-lid in die Wes-Kaapse parlement.

Sayed, wat sy eerste vac­cine by Clicks in Vangate Mall gekry het, sê: “Personeel het die inentings vir die ouderdomskategorie 35 tot 49 baie goed hanteer en mense uit die ouer kategorieë voorkeur gegee.

“Ek het absoluut geen negatiewe effekte nie. Saam kan ons verantwoordelikheid neem en hierdie virus oorkom deur ingeënt te word en ander te help om ook ingeënt te word.

“#LetsDoThis.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters