6 dae gelede
Groen lig vir toeskouers by stadions
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma  ~ GCIS

TOESKOUERS word weens 'n aanpassing in inperkingsregulasies nou by sportstadions toegelaat.

Onder die aangepaste regulasies onder vlak 1 word 750 mense nou by binnenshuise sportgeleenthede en 2 000 by buiteluggeleenthede toegelaat. Waar venues te klein is om die voorgeskrewe aantal mense toe te laat, sal nie meer as 50% van die kapasiteit toegelaat word nie.

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, het die aanpassings in die Staatskoerant gepubliseer.

Luidens 'n verklaring van Cogta het die afname in infeksies sowel as konsultasies met relevante rolspelers die weg gebaan vir sportliggame om weer sportgebeurtenisse aan te bied.

Cogta vra ook dat veiligheidsprotokol steeds gehandhaaf word wanneer mense stadions besoek.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters