Verlede maand
Gevalle stabiliseer maar hospitale steeds onder druk
nomafrench mbombo
GEREED: Dr. Nomafrench Mbombo, die Wes-Kaapse minister van gesondheid, wys waar van die vaccines gestoor sal word. FOTO: Anele Mfazwe  ~ Anele Mfazwe

STERFGEVALLE en hospitaalopnames is steeds hoog, ondanks die feit dat die aantal positiewe corona-virus gevalle in die Wes-Kaap besig is om te stabiliseer.

Dit bly belangrik dat almal steeds op hul hoede moet bly, om verder die verspreiding van die virus te verhoed.

Sò sê dr. Keith Cloete, gesondheidshoof in die provinsie, tydens Donderdagmiddag se weeklikse digicon met die premier, Alan Winde.

Cloete noem: "Die gesondheidstelsel is steeds onder druk, maar nie soos voorheen nie. Ons moet egter steeds op ons hoede bly."

Die entstof gee egter hoop dat ons na ’n aard van normaliteit kan terugkeer.

"Dit help ook om die las op die gesondheidstelsel te verlig."

Hy het ook weer beklemtoon dat 'n sekere persentasie van die bevolking moet die entstof kry om immuniteit of beskerming vir almal te bied.

Wetenskaplikes meen die geskikte persentasie is 67% van die bevolking, of tans sowat 40 miljoen mense in die geval van Suid-Afrika.

Cloete noem ook dat Aspen in die Baai, wat deur Johnson&Johnson gekontrakteer is, is die enigste maatskappy in die land wie 'n entstof in die land se grense sal vervaardig.

Die entstof sal in fases uitgerol word. In die eerste fase sal sowat 35 000 gesondheidsorgwerkers in diens van die openbare sektor en 58 000 in die privaatsektor die entstof ontvang.

Die plan is om vanaf 15 Februarie met die entstofprogram te begin.

"Daar is 'n moontlikheid dat ons voor dit kan begin, maar om seker te wees is Maandag 15 Februarie die datum vir die begin," aldus Cloete.

Intussen het dr. Nomafrench Mbombo, die Wes-Kaapse minister van gesondheid, 'n beroep gedoen op mense om nie fake nuus te versperi nie.

"Dis belangrik dat ons die stryd teen die virus oorwin, sodat die mediese-sektor weer op algemene siektes soos kanker kan fokus.

"Solank as wat Covid nog daar is, gaan die gesondheidstelsel onder druk bly."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters