Verlede maand
Gevalle stabiel, maar derde vlaag kom
keith cloete
Dr. Keith Cloete, hoof van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, sê al is gevalle stabiel moet ons steeds waaksaam wees.  ~ Argief

COVID-19 gevalle in die Wes-Kaap het die afgelope Paasnaweek stabiel gebly.

Die provinsiale gesondheidshoof, dr. Keith Cloete, sê dis ’n aanduiding dat meer mense nou hul gedrag aanpas en ook dat die corona-virus reëls in mense se daaglikse aktiwiteite gehoorsaam word.

Hy waarsku egter dat ons nog nie uit die gevaar is nie, want daar is steeds 'n derde vlaag oppad.

“Hoe langer ons dit vertraag hoe beter,” aldus Cloete.

Saam met die Covid-19-gevalle wat stabiel gebly het, het trauma-gevalle die afgelope Paasnaweek ook verminder in vergelyking met die vorige naweek.

Cloete verduidelik: “Traumagevalle het die afgelope langnaweek weens vermeerderde sigbare polisiëring en beperkings op alkohol verkope verminder.”

Hy noem dat daar nog geen aanduiding is dat daar oor die langnaweek enige superspreader events was nie. 

Volgens Cloete bly gesondheidswerkers op die uitkyk en sal hulle alarm maak sodra dit die geval is.

“Eerstens word gekyk of daar meer as die normale daaglikse toename in hoeveel mense positief toetse is. Die toetse is nou ook vinnig, met uitslae wat binne 15-minute beskikbaar is.

“As ons optel dat daar is ’n bietjie meer positiewe toetse is as verwag sal alarm gemaak word.

“As die betrokke persoon die afgelope naweek by plekke was waar daar baie ander mense was, en skielik is daar nog 'n positiewe geval wat met dieselfde event verbind word dan word die gevalle gekoppel.

“Dit is dan wanneer ons kan sê daar was 'n superspreader event gewees."

Cloete noem dat indien daar teen Vrydag nie enige sulke gevalle opgetel word nie dan is dit veilig om te sê daar was geen superspreader events die afgelope Paasnaweek nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters