Verlede maand
Gesondheidsorgwerksmag kry 2 369 mediese interns
gesondheidswerkers
Die Wes-Kaap het in die boekjaar 2020 baat gevind by 322 nuwe mediese interns  ~ 

IN EEN van die grootste werwingsprogramme nóg vir mediese interns in die land is 2 369 interns in die gesondheidsorgwerksmag ontplooi.

Die nasionale gesondheidsdepartement noem in ’n persverklaring ’n ver­dere 41 mediese interns wat oorsee geswot het, het ook nou hul eksamens geslaag. 

Hulle kan ook nou beskikbaar wees vir die bedryf wat hulle in die pandemie-tyd baie nodig het.

Die plasing van die interns sal landwyd geskied.

Binnekort sal Suid-Afrika ook baat vind by die departement se jare lange mediese uitruilprogram.

Praktiseer

Daar is al meer as 650 gegradueerdes in die Nelson Mandela/Fidel Castro Mediese Samewerkingsprogram.

Die mense gaan dan in die land geïntegreer word om hier te kan praktiseer.

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, sê: “Ek is baie trots dat die mediese beroep in die land bly groei.

“Nadat ek vele van dié briljante jong kollegas ontmoet het, kan ek met trots sê dat hulle beslis ’n passie vir die mediese beroep het.

“Daar is ’n bereidwilligheid by hulle om hul bydrae te lewer in die stryd teen Covid-19, wat nog lank nie verby is nie.”

Die Wes-Kaap het in die boekjaar 2020 baat gevind by 322 nuwe mediese interns­

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters