10 dae gelede
Gesondheidsorgwerker gaan na 7 weke huistoe
jaco versfeld
Jaco Versfeld word na sewe weke ontslaan. Foto: SABCnuus  ~ 

'N GESONDHEIDSORGWERKER wie sewe weke lank in die hospitaal was, nadat hy Covid-19 opgedoen het, is hierdie week ontslaan.

Jaco Versfeld, 'n senior administratiewe klerk by die Kraaifontein-gemeenskapsgesondheidsentrum, het laat in Januarie Covid-19-simptome begin ervaar is en saam met sy vrou, Leona, positief getoets. 

In die sewe weke wat hy in die hospitaal was, was Jaco ook vir drie weke in 'n koma en het suurstofondersteuning ontvang. 

SABCnuus berig dat Jaco sy herstel as 'n wonderwerk beskryf. Hy is net ontslaan kort voor sy 20ste huweliksherdenking, wat hy nou saam met sy vroulief, Leona, kan vier.

Shimoney Regter, 'n woordvoerder van die gesondheidsdepartement, sê: "Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement bedank almal wat bygedra het tot Jaco se herstel en wat steeds teen die corona-virus veg. 

"Ons doen ook 'n beroep op almal om steeds verantwoordelik te wees. Dra jou masker, hou jou afstand en bly by die huis as jy siek is." - SABCnuus

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters