Verlede maand
Gesin vier herstel van Covid
dankbaar: Die Michaels-gesin vier hul oorwinning oor Covid-19 deur hul community met lekker potte kerrie en rys te bederf. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

HULLE is diep dankbaar hul dogters het Covid-19 oorleef.

Só sê Lorraine en Marius Michaels van Robertson oor hul stryd met die gevreesde corona-virus.

Die gesin moes ook vir weke in hul huis in afsondering bly oor hul dogters die gevaarlike siekte onder lede gehad het.

Volgens Lorraine was dit vir hul familie ’n skok toe hulle die nuus hoor dat twee van hul kinders met die virus besmet is.

“Ons hele gesin is toe onder kwarantyn geplaas, maar was altyd biddend en het geglo dat daar genesing sal wees,” vertel Lorraine.

Marius, ’n bewaarder, moes ook weke lank by die huis bly omdat dit vir hom te gevaarlik sou wees om werk toe te gaan.

Volgens Marius is hy, sy vrou en die ander gesinslede negatief vir die virus getoets, maar hulle moes veiligheidshalwe steeds in afsondering bly.

Verlede maand het die twee siek susters, Biona en Marilyn, herstel en albei is terug by die werk.

Geld

Die sussies sê dit was net God se genade wat hulle deur hierdie moeilike tyd gedra het.

Volgens die susters was dit ’n bitter moeilike tyd in hul lewe, maar hulle het gesond anderkant uitgekom.

Lorraine sê dankbaar nadat hul dogters van die virus herstel en die hele gesin uit kwarantyn gekom het, het hulle besluit om iets vir die gemeenskap te doen.

“Ons het almal geld bymekaar gegooi en bestanddele gekoop,” vertel die ma opgewonde.

Volgens haar het sy en manlief toe potte kerrie en rys aanmekaar geslaan en die mense gaan voed.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters