Verlede maand
'Geen silver bullet vir virus'
Tedros Adhanom Ghebreyesus, hoof van die WGO. Foto: Reuters  ~ 

DIE World Health Organization (WHO) sê daar kan dalk nooit ‘n "silver bullet" uitgevind word om die corona-virus te keer nie.

WHO vra regerings en burgers van lande om te hou by die basiese dinge soos om te toets, jou afstand te hou van mense en maskers te dra om die pandemie te onderdruk.

Tedros Adhanom Ghebreyesus, hoof van die WHO, sê almal hoop dat entstowwe gevind sal word om mense mee in te ent teen die infeksie.

“Maar op die oomblik is daar geen silver bullet nie en daar kan dalk nooit een wees nie.”

Ghebreyesus sê vir nou is die beste manier om die outbreaks te keer is om die basiese gesondheidsbeheer uit te oefen. – AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters