21 dae gelede
'Geen massa-infeksies in skole'
Debbie Schafer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys.  ~ Jason Felix

DAAR is geen bewyse van massa-infeksies in Wes-Kaapse skole nie, sê Debbie Schäfer, Wes-Kaapse minister van onderwys.

Volgens die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) het 379 leerders sedert die begin van Junie positief getoets vir Covid-19.

Die departement sê dit is 0,1% van die leerders wat onlangs na skole teruggekeer het. Baie van die leerders het volgens die WKOD ook al reeds herstel.

Daar is tans 333 aktiewe gevalle onder WKOD-personeel.

Schäfer sê meer as die helfte van skole in die provinsie het nog nie gevalle van Covid-19 aagemeld nie.

Sy sê 72,4% van die skole het net slegs een of twee gevalle aangemeld.

Volgens Schäfer is daar ook geen bewyse dat personeellede en leerders ’n groter risiko loop om die virus by skole as enige ander plek op te doen nie. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters