12 dae gelede
Gauteng worry oor hoë Covid-gevalle
Die Gautengse gesondheidsdepartement is bekommerd oor die styging in nuwe gevalle.  ~ Foto ter illustrasie: Gallo iStock

DAAR is 'n opmerklike toename in Covid-19-gevalle in Gauteng.

Die departement van gesondheid in Gauteng sê hulle is bekommerd oor die noemenswaardige toename in gevalle.

Kwara Kekana, 'n woordvoerder vir die departement, verduidelik: "Die nuwe gevalle neem toe regoor die provisie. Veral in die Sedibend-distrik, waar daar 'n aansienlike toename was in vergelyking met die vorige week."

Kekana voeg by daar was die afgelope twee weke ook 'n toename in Emfuleni, Tshwane en Johannesburg. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters