15 dae gelede
Funerals nou ’n deathtrap
WANNEER DAN? Die prez sê mense wil die entstof al gister hê, maar hy kon steeds nie sê presies wanneer dit sal geskied nie.  ~ Netwerk24

DIT bly die aangepaste vlak 3 van die lockdown op ons brood, fellow South Africans ...

Pres. Cyril Ramaphosa het dié aankondiging Maandagaand gedoen in die land se “family meeting”.

Ramaphosa het in sy toespraak gesê die land kan nie meer teen dieselfde trant voortploeter nie.

Laas week was daar immers drie dae dat die land se daaglikse Covid-infeksies meer as 20 000 was.

Ter voorbereiding van die slegte nuus wat die prez moes oordra, het hy aangekondig dat meer as 190 000 Covid-positiewe gevalle sedert Nuwejaarsdag in die land aangemeld is.

KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap is tans die voorbokke met Covid-19-infeksies. Daar is daar tans meer as 15 000 mense landwyd in hospitale opgeneem met die virus.

En toe kom die slegte nuus vir drinkers: Met die aangepaste vlak 3 wat dieselfde bly, bly die alkoholverbod ook in plek.

Alle strande, riviere, openbare swembaddens en parke bly ook toe.

Oor die alkoholverbod het Ramaphosa gesê: “Dit was duidelik gedurende die festive season hoe die druk op hospitale se trauma-eenhede verlig was.

Ramaphosa het nie genoem vir hoe lank dop nie te koop sal wees nie.

Die aandklokreël sal geld van 21:00 tot 05:00.

“Hierdie regulasies sal in plek wees vir so lank dit gaan vat om oor die peak van infeksies te kom na waar hierdie koers drasties geval het,” het die president verduidelik.

Dís natuurlik nie die nuus wat rolspelers in die drankbedryf wou hoor nie en hierdie rolspelers sal na verwagting voortgaan met hul regsaksies teen die regering rakende hierdie verbod.

Begrafnisse is ook weer deur die prez uitgesonder as “superspreader events” waar baie mense aansteek.

“Dit is in ons kultuur om op ’n gepaste wyse ons laaste goodbyes aan geliefdes te sê maar nou, meer as ooit, moet ons by die huis bly. Begrafnisse is ’n groot probleem. Baie mense wat infect word of sterf, het die virus by begrafnisse opgedoen.

Grensposte

“Begrafnisse is vir baie van ons mense nou ’n deathtrap,” het Ramaphosa gesê.

Hy het ook herhaal dat kerkdienste in die algemeen nog nie mag voortgaan nie.

Die president het ook aangekondig dat 20 van die land se grensposte vir eers tot 15 Februarie gesluit sal wees.

Net diegene wat mediese aandag oorsee benodig, diplomate, cargo-dienste en buitelanders wat in SA skoolgaan, sal steeds oor die grens gelaat word.

Verder het die prez homself weer commit om die nasie in ’n massa-inentingsveldtog te laat inent.

Ramaphosa sê daar word nou saamgewerk met ander Afrikalande om 1,5 miljard dosisse entstof te secure vir 60% van die vasteland se bevolking. Sowat 1,2 miljoen gesondheidswerkers sal eerste die entstof kry, waarna essential werkers soos onnies, polisiebeamptes en munisipale werkers die entstof sal ontvang.

Hy belowe 20 miljoen dosisse teen einde Junie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters