6 dae gelede
Franse worry oor Afrika
Frankryk wil arm lande uithelp met die Covid-19-pandemie.  ~ Foto ter Illustrasie

FRANKRYK wil arm lande geld gee om te help keer dat hulle bronne van Covid-19-besmetting word.

Die Franse wil veral op Afrika fokus. Jean-Yves le Drian, minister van buitelandse sake, sê: “Ons sal ’n pakket saamstel om te keer dat dié pandemie versprei na streke of subkontinente wat nie nou geraak word nie, maar môre vir ons ’n risiko kan inhou.”

Afrika se getal pasiënte en sterftes is ver minder as in die res van die wêreld, maar dit styg.

Mense stap deur ’n mark in Mathare. Social distancing is moeilik in dié slum in Nairobi. Baie mense wat van die hand in die tand leef, sê tuisbly is onmoontlik.

Hulle leef van ’n dagloon en kry geen kos of geld van Kenia se regering nie. Higiëne is ook ’n probleem. Tot 50 mense deel ’n enkele puttoilet.– AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters