20 dae gelede
Flou-alarm in Ceres
covid19,coronavirus
Ceres was in rep en roer oor die Corona-virus  ~ Lynn Scott/Worcester Standard

CERES was Donderdagoggend in rep en roer oor die corona-virus, ná ’n werker van Capitec gefaint het.

Volgens ’n anonieme bron het ’n vreeslike hoesbui oor die man gekom, so erg dat hy gefaint het.

“Toe hy bykom het iemand hom gevra of hy die afgelope maand getravel het. Hy het toe vir hulle meegedeel dat hy in aanraking was met sy familie wat onlangs oorsee getravel het.”

Francois Viviers, uitvoerende hoof van bemarking en kommunikasie vir Capitec, het Donderdag aan Netwerk24 gesê die konsultant was in kontak met iemand wat onlangs deur Brasilië en Italië gereis het.

Die ambulans is kort daarna ontbied. Almal behalwe die army het daar met maskers opgedaag.

Volgens ons bron het al wat ’n nooddiens opgedaag.

"Die traffic department het die pad aan albei kante van Capitec afgesper.

"Die polisie was daar, brand en redding en die ambulanse.

"Ek het nog nooit so iets gesien nie. Dit was soos ’n movie.

"Die polisie was nog nooit so vinnig op ’n toneel nie.”'n Paar van hulle was geklee in weggooi-overalls. 

Die is 'n ontwikkelende storie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters