10 dae gelede
Entstof ‘wapen teen vierde vlaag’
CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - MARCH 08: Dr Keith Cloet
Dr. Keith Cloete  ~ Gallo Images

UIT die amper 800 mense van ouer as 50 jaar wat tussen 14 en 20 Augustus weens Covid-19 gesterf het, was net 1 van hulle ten volle ingeënt. 

Dr. Keith Cloete, departementshoof van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, het dié syfers Donderdag tydens die premier, Alan Winde, se digitale perskonferensie bekendgemaak.

Luidens Cloete se voorlegging het oningeënte mense 81% van die 2 169 hospitalisasies vir daardie tydperk uitgemaak.

Tans is 52,6% van mense ouer as 50 in die Wes-Kaap ten volle ingeënt. Die departement mik vir 70% teen Desember.

Cloete sê vir elke 100 sterftes weens Covid-19, kon 70 daarvan voorkom gewees het deur ten volle ingeënt te wees. Vir elke 100 hospitalisasies, kon 64 daarvan voorkom gewees het.

Daar was die afgelope week 'n effense styging in mense wat die jab kry. Cloete voel egter meer moet nog gedoen word vir die Wes-Kaap om sy weeklikse teiken van 200 000 inentings te bereik. 

Die Wes-Kaap het Donderdag 3 miljoen inentings bereik.  

Altesaam 2 096 413 (42,12%) mense het minstens een dosis ontvang met 1 416 067 (28,45%) wat ten volle ingeënt is. Altesaam 2 883 393 volwasse mense moet nog vir die jab gaan.

Cloete sê die entstof is die grootste wapen teen die vierde vlaag wat in Desember verwag word.

Die departement mik ook om teen Desember vir 70% van mense tussen 18 en 49 om minstens een dosis van die entstof te ontvang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters