ZWELI Mkhize, minister van gesondheid, sê die Covid-19- entstof gaan free of charge aan almal verskaf word.
Suid-Afrikaners hoef nie ’n sent vir die vaccine op te dok nie, belowe hy.
Volgens Mkhize gaan openbare fondse grotendeels gebruik word om vir die entstof te betaal, terwyl die privaat sektor ook ’n bydrae lewer.
Hy het ook kapsie gemaak teen bespiegeling in die media dat Suid-Afrika die dosisse AstraZeneca-entstof na Indië gaan teruggestuur. Volgens hom is dit aan ander lande aangebied in die Afrika-Unie wat nie met dieselfde Covid-19-variant as dié van Suid-Afrika deal nie. Die geld daarvoor is dus nie gemors nie, sê hy.
Alleenkoper
Mkhize was aan die woord by die parlement op die eerste dag van debatvoering oor pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede wat laas Dinsdag gehou is.
Mkhize sê die regering is tans in gesprek met vervaardigers en verskaffers van Covid-19-entstowwe deur middel van verskeie kanale.
Volgens hom is die regering ook in gesprek met Kuba oor dié land se ontwikkeling van sy kandidaat-entstof.
“Ons strategie is dat die staat die alleenkoper van die vaccine gaan wees vir die land, maak nie saak wie die land of maatskappy is wat die entstof gaan verskaf nie.”
Hy sê Ramaphosa sal binnekort besonderhede oor die roll-out bekend maak. Volgens hom het sowat 380 000 persone vir die entstof geregistreer. – EWN