22 dae gelede
Entstof ‘nie van die duiwel’
Cape Town - 20200601 - South African Minister of H
Zweli Mkhize, minister van gesondheid.  ~ Jeffrey Abrahams

ZWELI Mkhize, minister van gesondheid, sê hy en ander leiers is bereid om die entstof in die publiek te neem om mense te wys daar is niks verkeerd daarmee nie.

Mkhize het gereageer op vrae of Hoofregter Mogoeng Mogoeng se gebed teen "entstowwe van die duiwel" moontlik die AstraZeneca-enstof geaffekteer het.

Dit kom nadat daar Sondagaand aangekondig is dat die AstraZeneca-entstof slegs 22% doeltreffend teen die nuwe variant van die virus is. Die regering gaan nou die entstofprogram met Johnson & Johnson se enstof voortsit.

Mkhize het die versekering gegee dat die entstof nie van die duiwel is nie.

Hy sê die gesprekke rondom die entstof is nie of dit veilig is nie, maar oor sy doeltreffendheid teen die nuwe variant.

Mkhize sê Mogoeng het net 'n uitdrukking gebruik om mense te verseker dat hulle deur God beskerm sal word.

Hy sê Mogoeng het ook nie spesifiek na AstraZeneca verwys nie. - The Citizen


Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters