2 maande gelede
‘Ek dog dis ’n siek joke’
REG VIR CORONA? Polisie­lede van die FCS-eenheid is toegerus met net ’n plastiek-voorskoot.  ~ Foto Verskaf

’N VOORSKOOT van plastic vir die corona-virus.

Dís al waarmee lede van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksmisdrywe (FCS) toegerus is om in die 21 dae lange lockdown voort te gaan met hulle werk.

Die lede het gister behoorlik gal gebraak oor die voorskoot van dun plastiek wat hulle in Epping moes gaan afhaal het.

Een van die lede wat uit vrees vir viktimisasie nie genoem wil word nie, sê hulle is laat weet hulle moet hulle “protective gear” kom haal.

“Ons lede het van so ver as Beaufort-Wes, Vredenburg en George gekom.

“Jirre, toe ons daar kom, is daar net ’n wit plastiek-voorskoot. Niks gloves, mask of sanitiser nie.”

Nog ’n lid van die eenheid sê hy was geskok, maar dik van die lag.

“Ek het gedink dit is rêrig ’n joke ... ’n siek joke, dalk.”

Beamptes van ander afdelings wat ook deur die 21 dae lange lockdown moet werk, sê hulle het gloves, sanitiser en maskers gekry.

Verstaan

“Ons is ook veronderstel om sanitiser vir die vans te kry, maar dit kom nog.”

Brig. Vishnu Naidoo, die nasionale polisiewoordvoerder, sê hy verstaan nie waaroor die lede ontevrede is nie.

“Voordat dié protective gear aangekom het, het die FCS-lede mos reeds protec­tive kits gehad wat hulle op misdaadtonele gebruik.

“Dit wil vir my voorkom asof iemand kwaadwillig is,” het Naidoo gesê.

“Maar dit kan ook wees dat sommige lede nie alles het wat hulle moet hê nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters