Verlede maand
Eerste Covid-19 geval in ’n tronk
coronavirus
DIE eerste geval van koronavirus is in ’n gevangenis in Oos-Londen aangemeld  ~ 

NIE eens die tronkselle kon die corona-virus uit hou nie.

Die eerste Covid-19-geval in 'n gevangenis is in Oos-Londen aangemeld.

News24 berig 'n amptenaar, wie werksaam is by 'n vrouegevangenis, is in in die hospitaal opgeneem. Dit nadat sy positief vir die virus getoets het.

Die amptenaar is in 'n stabiele toestand.

Amptenare, wat met haar in aanraking gekom het, is reeds geïdentifiseer en gevra om hulself by die huis te isoleer terwyl hulle op hul toetsuitslae wag.

Intussen begin die nasionale instituut vir oordraagbare-siektes Woensdag hul massa-toetsing by die vroue-korrektiewe gevangenis in die provinsie.

Die departement sal ook voortgaan met voorkomingsmaatreëls, en glo ’n massa-ondersoekskedule vir alle korrektiewe sentrums sal help om die oordrag van die virus te voorkom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters