23 dae gelede
Driedubbele Covid tragedie vir familie
mngewu-begrafnis
Makhosandile Mngewu (links) en sy broer Dr. Thandukwazi Mngewu by die begrafnis van hul sister, waar hulle vermoedelik die virus opgedoen het.  ~ 

TWEE broers is op dieselfde dag aan Covid-19-komplikasies oorlede, nadat die twee hul suster se begrafnis 'n paar weke gelede bygewoon het.

News24 berig dat die 53-jarige Makhosandile Mngewu en sy 52-jarige broer Thandukwazi Mngewu  albei Sondag gesterf het.

Makhosandile is die afgelope 30 jaar reeds die isiXhosa-onderwyser by Hoërskool Nyanga in Ngcobo, waar hy ook adjunk-skoolhoof was.

Volgens die Oos-Kaapse departement van onderwys is daar tussen 18 en 28 Desember reeds 162 onderwysers in die provinsie aan Covid-19 oorlede.

Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap, verklaar dat begrafnisse 'n groot verspreider van Covid is.

Hy het 'n beroep op kerke gedoen om begrafnisreëlings so te tref om die verspreiding te beperk. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters