Verlede maand
Drie se sterftes ruk dorp
Josinda Herling  ~ Foto Verskfa

LADISMITH. – Die doodskleed van Covid-19 het die laaste paar dae oor hierdie dorpie in die Klein-Karoo gehang.

Laas Maandagaand is menige­ inwoner se hartsnare geruk deur die skielike dood van die oudsoldaat Patrick Januarie.

Januarie is Maandagaand per ambulans na die George Hospitaal geneem, maar toe moes die ambulans omdraai omdat Januarie in die ambulans gesterf het.

Januarie sou Dinsdag begrawe word. Terwyl die familie Maandag besig was met begrafnisreëlings het die nuus soos ’n skoot koue water getref: Januarie se vrou, Maryka, het Maandagoggend vroeg ook gesterf, presies ’n week ná haar man se dood.

Gegons

Maryka het in die Alan Blythe Hospitaal gesterf.

Huldeblyke vir die paartjie het Facebook oorstroom.

Die dorp het nog Maandag gegons oor die dood van die Januarie-egpaar, toe kom die tweede virus-sterfte vir die dag: Josinda Herling, ’n bekende jong vrou van dié dorp, het in die George Hospitaal gesterf.

Daarna was talle se Whats­App-statusse oortrek met die mooiste pics van Herling.

Weens die virus-getalle wat hier so skerp gestyg het, bestempel die distriksmunisipaliteit dit as ’n hotspot in die Tuinroete.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters