23 dae gelede
Drie provinsies uit kloue van derde vlaag
Drie provinsies is uit die derde golf van covid-19  ~ Verskaf

DRIE provinsies is amptelik sover uit die derde vlaag van Covid-19-infeksies.

Volgens die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) is die derde vlaag iets van die verlede in Gauteng, Limpopo en Noordwes.

Volgens Nios was daar die afgelope 24 uur slegs 'n positiwiteitkoers van 7%. Altesaam 2 967 nuwe gevalle is die afgelope 24 uur- aangeteken.

Dr. Michelle Groome van Nioss sê in 'n verklaring al nege provinsies in die land wys 'n volgehoue afname.

Groome sê hoewel die tendens bemoedigend is, moet die land waaksaam bly.

Intussen het KwaZulu-Natal Woensdag slegs 696 nuwe gevalle aangeteken.

Die meerderheid nuwe gevalle was uit KwaZulu-Natal (23%) gevolg deur die Wes-Kaap (20%). - JacarandaFm

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters