15 dae gelede
Dranksektor verwelkom skuif na vlak-1
Detail of assorted red and white wines
Die dranksektor is dankbaar oor die verslapping van die inperking.  ~ Foto ter illustrasie

DIE South African Liquor Brandowners Association (Salba) het die skuif na vlak-1 van die inperking verwelkom. 

Onder die nuwe beperkings sal die verkoop van alkohol vir verbruik buite en op die terrein toegelaat word, volgens normale lisensiebepalings. 

Geen alkohol mag egter na 23:00 verkoop word nie.

Kurt Moore, Salba se uitvoerende hoof, sê die regering het uiteindelik sy begrip vir die toestand van die sektor gewys. 

“As ’n land word ons deur rekordvlakke werkloosheid in die gesig gestaar, met die totale indiensneming in Suid-Afrika wat vanaf 9 652 000 in Maart 2021 tot 9 566 000 in Junie 2021 gedaal het. 

"Ons moet verdere ekonomiese verliese bekamp en begin om die ekonomie terug te laat keer na ’n sekere vlak van normaliteit.”

Moore sê verder die alkoholverbod het groot werksverliese en inkomsteverminderings in die alkoholwaardeketting veroorsaak.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters