12 dae gelede
Drank mag vervoer word die naweek
Gerugte oor alkohol verbod herinstelling is val
Jy mag nie alkohol in jou kar he nie.  ~ verskaf

JA, MENSE mag hul eie alkohol vervoer.

Lungi Mtshali, 'n woordvoerder vir die departement van samewerkende regering en tradisionele sake, sê dit is die kort antwoord.

Dit kom nadat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, Cogta minister, Donderdagoggend genoem het lede van die publiek word nie toegelaat om drank oor die langnaweek te vervoer nie.

Lucky Ntimane van die nasionale drankhandelsraad sê die drankregulasies noem niks van die vervoer van alkohol nie.

Mtshali het wel laatmiddag op 'n aantal radio stasies en ook TV-nuusprogramme die onsekerheid opgeklaar.

Dlamini-Zuma het Donderdagoggend onder meer genoem: "Die besluit is 'n voorsorgmaatreël om 'n herhaling van wat in Desember 2020 gebeur het te voorkom. In Desember was daar 'n skielike toename in positiewe gevalle, oor byeenkomste. 

"Die corona-virus-bevelsraad het harde lesse in Desember geleer, om byeenkomste en off-site alkohol-verbruik te meng. Dis juis oor wat in Desember gebeur het dat die voorsorg nou getref word, omdat ons weet oor die Paasnaweek is daar baie beweging en byeenkomste," aldus Dlamini-Zuma.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters