Verlede maand
Donson uit hospitaal ná Covid-koma
VEGTER: Jeffrey Donson van Icosa by Dawid Kamfer.  ~ Keith Meyer

LADISMITH. – God se ge­nade.

Só beskryf Jeffrey Donson, Icosa-president, sy ontslag uit die hospitaal nadat hy vir vyf dae met Covid-19 in die waakeenheid in ’n koma was.

Donson sterk sedert laas week Donderdag by sy huis aan waar hy nog vir 10 dae in isolasie moet bly.

Gebid

Hy het telefonies aan Son gesê: “Ek was met my een voet in die graf. Maar terwyl ek in ’n koma was, kon ek alles hoor rondom my.

“As ék Covid kon oorwin, kan almal Covid oorwin met God se hulp. Ek bedank almal wat vir my gebid het.

“Ek weet ook daar is mense wat gehoop het ek gaan dit nie maak nie, maar ek is mos een van God se witbroodjies!”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters