Verlede maand
Distrik-lockdown dalk Wes-Kaap se voorland
Kaapstad en die Tuinroete is die grootste bron van kommer. FOTO: Theo Jeptha  ~ 

KAAPSTAD. – Premier Alan Winde en sy kabinet oorweeg distrik-lockdowns weens die toename in getal Covid-19-gevalle.

Tot dusver het die getal besmettings in die Wes-Kaap weekliks met meer as 50% gestyg, berig ewn.co.za.

Kaapstad en die Tuinroete is die grootste bronne van kommer.

Winde het volgehou die provinsie kan nie nog ’n streng inperking bekostig nie, maar het bygevoeg hy sal mini-lockdowns oorweeg.

Hy het Vrydag ’n vergadering met LURs belê om die moontlikheid van strenger regulasies in problematiese distrikte te bespreek.

Dit is dalk egter glad nie hul besluit nie. Lungi Mtshali van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake het verduidelik: “In die Rampbestuurwet is nie daarvoor voorsiening gemaak dat provinsies hul eie, provinsiale inperking kan instel nie.” 

Mtshali het bygevoeg wat beperkings betref, gaan die provinsie dalk op ander wetgewing moet staatmaak.  

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters