4 maande gelede
Dis wat jy mag en nie mag doen nie
Bheki Cele gaan nie nonsens vat van mense wat nie die regulasies van die lockdown gehoorsaam nie.  ~ Jonathan Lestrade

BLY op hok, of jy gaan te doen kry met die minister van polisie, Bheki Cele homself!

Hy het gewaarsku dat as jy die drastiese en streng regulasies van die landwye lockdown verbreek, gaan jy skuldig bevind word aan ’n strafregtelike oortreding. Dit beteken jy gaan ’n fine kry en/of ses maande in die mang.

Die lockdown teen die corona-virus het middernag gisteraand ingeskop.

Wat toegelaat word:

. Jy sal toegelaat word om jou social grants te gaan optel.

. Jy mag gaan kos koop.

. Jy mag apteek toe gaan vir medisyne.

. Jy mag mediese hulp gaan soek.

. Jy mag ’n begrafnis bywoon, maar daar mag nie meer as 50 mense wees nie.

Wat word nie toegelaat nie:

. Jy mag nie in die openbaar gaan draf nie.

. Jy mag nie met jou hond gaan stap nie.

. Jy mag nie drank koop nie. Alle drankverkope is verbied en drank mag ook nie vervoer word nie.

. Alle byeenkomste word verbied, insluitende op openbare paaie, in geboue en by venues.

. Beweging tussen provinsies word verbied. Daar sal road blocks wees en alle mense wat voorgekeer word, sal gescreen word.

. Beweging tussen distrikte word verbied.

. Bogenoemde beperkings is nie van toepassing op werkers wat noodsaaklike dienste lewer nie, soos gesondheidswerkers, nooddienste, service delivery, of sekuriteitsdienste, soos die SAPS, metro cops en army.

Plekke waar jy nie mag wees nie:

Openbare swembaddens, parke, strande, nagklubs, restaurante, vlooimarkte, casino’s, gastehuise, flieks, shopping malls, shebeens, bars, taverns, hotelle, game reserves, lodges en enige plek wat normaalweg sou oop wees vir godsdienstige, kulturele, sport, entertainment, recreational of ander aktiwiteite.

Openbare vervoer:

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het verduidelik daar gaan tydens die lockdown ook beperkings wees op minibustaxi’s, metertaxi’s en e-hailing-dienste soos Uber.

. Net werkers van noodsaaklike dienste of mense wat uitgaan vir noodsaaklike goed (soos om kos te gaan koop) mag van taxi’s gebruik maak.

. Noodsaaklike trips sal van 05:00 tot 9:00 geskied en van 16:00 tot 20:00.

. ’n Voertuig wat gelisensieer is vir vier mense mag net een passasier vervoer.

. ’n Voertuig wat ag mense kan vervoer, mag net drie benewens die driver vervoer.

. Busse sal beperkings hê en mag net noodsaaklike werkers vervoer of mense op biidsaaklike trips.

Rybewyse en motorvoertuiglisensies:

Geen hernuwing sal in die lockdown gedoen word nie. Uitstel word gegee.

Geweld teen vroue en kinders:

Daar is ’n hotline vir die bevelsentrum teen gendergeweld. Bel 0800 428 428.

Die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe is opgeskerp, sê Cele.

Slagoffers kan gerus 0800 150 150 skakel.

Binnelande sake:

Volgens minister Aaron Motsoaledi sal net ID’s, geboortesertifikate en doodsertifikate uitgereik word tydens die lockdown.

Alle ander sertifikate sal eers ná die lockdown gekry kan word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters