14 dae gelede
Dís hoe lank GEVREESDE virus nog rondhang
Die virus.  ~ Foto Verskaf

IN NAVORSING deur die US Na­tional Institutes of Health is bevind die corona-virus wat Covid-19 veroorsaak, kan steeds etlike ure lank vatbaar wees in die lug en dit kan ook etlike dae lank op sekere oppervlakke aanbly.

Volgens die span bly die virus stabiel in aërosols vir tot en met drie uur. Op koper kan die virus tot vier uur lank rondhang en tot 24 uur op cardboard.

Selfs skokkender: Dié virus kan twee tot drie dae rondhang op stainless steel en plastiek.

In die studie het die navorsers gepoog om die virus, wat deur ’n besmette persoon na alledaagse oppervlakke in ’n huishouding of hospitaal oorgedra word, na te boots, soos byvoorbeeld wanneer die pasiënt sou hoes of aan voorwerpe raak.

En volgens die bevindings kan pasiënte die virus versprei sonder dat hulle daarvan weet of selfs voor hulle enige simptome toon.

Daarom is dit so belangrik om gereeld jou hande te was, kontak te vermy met ander persone waar jy kan en nie onnodig aan oppervlakke of aan jou gesig te vat nie. – pharmaceutical-technology. com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters