2 maande gelede
Dis cabin-koors in die huis
MOVIES OP MOVIES: Chad Golliath hou hom maar besig.  ~ Theo Jeptha

KINDERS in die Baaise Northerns eet hulle ouers se koskaste leeg met dié dat hulle midde-in die Covid-19-pandemie en nasionale lockdown tuis moet bly.

Elmarie Newfeldt sê haar drie minderjarige kinders raid haar koskaste behoorlik.

Die ma sê nietemin met ’n smile op haar gesig die kinders verorber tot drie brode per dag. Volgens haar werk kos vir hulle in dié tyd duur uit.

Volgens Newfeldt raak die kinders maar moeilik in die huis met dié dat hulle nou nie buite mag rondloop nie.

Besig

Sy sê hulle raak heel hyperactive.

Volgens haar het hulle behoorlik cabin fever oor hulle nie likes van binne wees nie. Newfeldt sê haar kids is buite-kinders.

Sy sê om hulle besig te hou, laat kyk sy die kinders maar cartoons en movies.

Volgens haar hou die kinders hulle verder besig met tuiswerk wat hulle by die skool gekry het.

Die kinders se pa, Maxwell, sê hy kry die kids maar jammer omdat hulle so die heeltyd in die huis moet wees.

“Ons hou hulle maar binne, want ons kan nie die siekte sien nie.”

Gladis Goliath sê sedert haar kinders in die huis moet bly, bly hulle honger.

Volgens haar is die koskaste leeg en sy bak maar vetkoeke. Sy sê sy weet nie wat die kinders gaan doen wanneer die koskaste heeltemal leeg is nie.

KRY TYD OM: Israel Newfeldt (5) en Zane Newfeldt (9) kry die tyd om deur bordspeletjies te speel.

Volgens haar is dit maar ’n bietjie vervelig vir die kinders so by die huis.

Haar man, Herschelle, sê hulle 14-jarige seun maak hom in dié tyd useful by die huis. Volgens hom maak hy die yard skoon, maar hy kyk ook movies.

Die egpaar se dogter, Caitlin, sê hulle hou hulle maar besig in die huis deur games te speel of TV te kyk.

Blaine Grootboom (11) sê hy speel maar kaart in die huis. Volgens hom kan hy nie wag om terug te gaan skool toe nie.

Granville Mentoor (10) sê hy wil ook teruggaan skool toe, want hy mis sy juffrou en sy skoolwerk.

Tyrique Jantjies (12) sê hy is baie bored by die huis. Hy sê hulle wil teruggaan skool toe, maar hy is bang vir die virus.

Chenique Jantjies (10) sê omdat sy bang is vir die virus, speel sy maar in die huis met die hond.

Volgens haar gaan sy in dié tyd glad nie meer uit om met vriende te speel nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters