3 maande gelede
Derde wave is 'n ‘realiteit’
RIG PLEIDOOI: Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, vra inwoners om steeds waaksaam te bly oor die corona-virus.  ~ Peter Abrahams

“ONS berei ons voor op die ergste.”

Só sê die Wes-Kaapse gesondheidshoof, dr. Keith Cloete, oor die derde wave Covid-19-infeksies wat die komende winter in die land verwag word.

Cloete het die media en publiek Woensdag ’n update gegee oor die provinsiale syfers wat infeksies, entstowwe en ander faktore betref.

Scenario

Hy het gepraat as lid van ’n paneel op die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, se virtuele perskonferensie.

Volgens Cloete berei sy departement voor vir die derde wave, wat “net so erg” soos die tweede een kan wees en wat erger as die eerste ronde van Covid-19-besmetting was.

“Ons berei voor vir die worst-case scenario. Die derde wave is ’n realiteit,” sê Cloete.

Volgens hom word die derde golf infeksies in die wintermaande verwag.

Hy waarsku egter ’n vinnige toename in nuwe Covid-19-gevalle kan die derde golf baie vinniger naderbring as wat te wagte is.

“Daarom moet ons baie waaksaam wees.”

Hy sê verder daar is nou meer as 13 000 gesondheidswerkers wat die entstof gekry het.

Volgens hom moet hulle eers sowat 40 000 gesondheidswerkers in die huidige eerste fase inent voordat hulle na die tweede fase kan beweeg.

Cloete verduidelik net gesondheidsorgwerkers aan die spits van die stryd teen die virus vorm deel van die eerste fase wat die entstof ontvang.

“Self-registrasie is nog nie vir die publiek geopen nie. Ons sal meer inligting daaroor kan gee sodra dit geopen is.”

Cloete voeg by hulle beskou die berigte dat sommige gesondheidsorgwerkers hul familielede se credentials vervals het sodat hulle die queue kon jump en ook die entstof kon ontvang, in ’n baie ernstige lig.

Winde sê hieroor: “Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat enige een op bedrieglike wyse voor by die ry wil indruk en ons sal dit daadkragtig hanteer.”

Hy vra inwoners weereens om waaksaam te bly, want die corona-virus bestaan steeds en verdwyn nie soos wat die lockdown levels verlig word nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters