8 dae gelede
#Covid19: SA sterfte syfer nou 339
A laboratory worker places a test tube containing
Foto ter illustrasie  ~ 

DIE aantal Covid-19-verwante sterftes het Woensdag met nog 27 tot 339 in die land gestyg.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê in 'n verklaring: "Ongelukkig is 'n twee-dae oue baba onder die Covid-19-verwante sterftes. Die kleintjie is te vroeggebore en het probleme met die longe ontwikkel wat dadelik na geboorte 'n asemhalingsmasjien ondersteuning nodig gehad het.

"Die ma en kind het beide positief vir Covid-19 getoets.

"Dit is ook met hartseer om kennis te neem van die dood van nog 'n gesondheidsorgwerker in die Wes-Kaap." 

Covid-19-verwante sterftes in SA per ouderdom
  • 0 - 9 jaar - 1
  • 10 - 19 jaar - 0
  • 20 - 29 jaar - 1
  • 30 - 39 jaar - 18
  • 40 - 49 jaar - 44
  • 50 - 59 jaar - 74
  • 60 - 69 jaar - 91
  • 70 - 79 jaar - 70
  • 80 - 89 jaar - 32
  • 90  en ouer - 8

Mkhize het ook sy dank betuig aan gesondheidsorgwerkers wie voortgaan om 'n diens te lewer met toewyding, ongeag die risiko wat hulle in die gesigstaar.

Intussen het die aantal bevestigde gevalle in die land ook met meer as 800 tot 18 003 vermeerder. 

Covid-19 syfers in SA: 20 Mei 2020

Bevestigde gevalle per provinsie:

  • Wes-Kaap: 11 262
  • Gauteng: 2 400
  • Oos-Kaap: 2 215
  • KwaZulu-Natal: 1 650
  • Vrystaat: 180
  • Limpopo: 93
  • Mpumalanga: 93
  • Noordwes: 72
  • Noord-Kaap: 38

Recoveries:

  • Wes-Kaap: 5 105
  • Gauteng: 1 694
  • Oos-Kaap: 1 036
  • KwaZulu-Natal: 842
  • Vrystaat: 118
  • Mpumalanga: 58
  • Limpopo: 42
  • Noordwes: 28
  • Noord-Kaap: 27

Covid-19 verwante sterftes:

  • Wes-Kaap: 210
  • KwaZulu-Natal: 46
  • Oos-Kaap: 45
  • Gauteng: 27
  • Vrystaat: 6
  • Limpopo: 3
  • Noord-Kaap: 1
  • Noordwes: 1
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters