Verlede maand
#Covid19: Meer bevestigde gevalle en sterftes
coronavirus,testing
A health worker takes samples from a man to test him for Covid-19 at the Biological Sciences unit of the National Polytechnic Institute in Mexico City.  ~ Pedro Pardo, AFP

SUID-AFRIKA se aantal bevestigde gevalle het met 1 673 gestyg tot 25 937 Woensdagaand.

Die Wes-Kaap het 65% van die gevalle, gevolg deur Gauteng en die Oos-Kaap.

"Ongelukkig moet ons ook nog 28 Covid-19 verwante sterftes aanmeld," sê dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, in 'n verklaring.

Teen Woensdagaand was daar 552 Covid-19 verwante sterftes in Suid-Afrika.

Mkhize sê: "Van die sterftes was 53% mans en 47% vroue. 

"Die aantal pasiënte wie herstel het is 13 451, wat sowat 52% is."  

Covid-19 syfers in SA: 27 Mei 2020

Bevestigde gevalle per provinsie:

  • Wes-Kaap: 16 893
  • Gauteng: 3 167
  • Oos-Kaap: 3 047
  • KwaZulu-Natal: 2 186
  • Vrystaat: 221
  • Limpopo: 141
  • Noordwes: 128
  • Mpumalanga: 106
  • Noord-Kaap: 48

Recoveries:

  • Wes-Kaap: 8 504
  • Gauteng: 1 955
  • Oos-Kaap: 1 491
  • KwaZulu-Natal: 1 180
  • Vrystaat: 123
  • Limpopo: 67
  • Mpumalanga: 62
  • Noordwes: 39
  • Noord-Kaap: 30

Covid-19 verwante sterftes:

  • Wes-Kaap: 391
  • Oos-Kaap: 70
  • KwaZulu-Natal: 49
  • Gauteng: 31
  • Vrystaat: 6
  • Limpopo: 3
  • Noord-Kaap: 1
  • Noordwes: 1
Covid-19 sterftes per ouderdom
  • 0 - 9 jaar - 2
  • 10 - 19 jaar - 1
  • 20 - 29 jaar - 4
  • 30 - 39 jaar - 32
  • 40 - 49 jaar - 58
  • 50 - 59 jaar - 138
  • 60 - 69 jaar - 146
  • 70 - 79 jaar - 106
  • 80 - 89 jaar - 54
  • 90 jaar en ouer - 11
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters