Verlede maand
Covid styg nog maar lande bly hoopvol
covid
STYGING: Ten spyte van 'n entstof en mense wie herstel word almal steeds aangeraai om 'n masker te dra wanneer hulle buite is  ~ iStock

REGOOR die wêreld het meer as 105 miljoen mense al positief getoets vir die corona-virus, van wie meer as 77-miljoen al herstel het. 

Die virus het ongelukkig ook die lewens van byna 2,3 miljoen mense geneem.

Die tweede-vlaag van infeksies spook ook by talle lande met Amerika, Indië en Brasilië wie nou die drie lande in die wêreld is met die meeste bevestigde gevalle.

Amerika het meer as 27 miljoen bevestigde gevalle van wie meer as 17 miljoen reeds herstel het. Die land het ook 466 988 Covid-sterftes.

Indië het meer as 10.8miljoen bevestigde gevalle en Brasilië meer as 9miljoen. Die twee lande het onderskeidelik 154 862 en 228 883 Covid-19-sterftes.

Micronesia, Vanuata en Samoa is onder tien lande wie teen Vrydagmiddag geen aktiewe gevalle het het nie. Vyf lande het slegs 1 aktiewe geval gehad en 'n verdere 10 lande het minder as 10 aktiewe gevalle gehad.

Op die Afrika-vasteland het Suid-Afrika die meeste bevestigde gevalle, gevolk deur Morokko en Tunisië.

Die wêreldwye herstelkoers was Vrydagmiddag 73,1% met Suid-Afrika wie 'n 90.4% herstelkoers het.

Intussen bly talle lande nog hoopvol, veral met baie wie ook nou 'n entstof vir hul landsburgers begin beskikbaar stel. 

Volgens die wêreldgesondheidsorganisasie behoort daar ook later vanjaar sowat 2miljard dosisse Covid-entstof regoor die wêreld uitgedeel te wees. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters