5 dae gelede
Covid stop ook vullisverwydering
vullis
As gevolg van die impak van die corona-virus gaan daar van tyd tot tyd vertragings wees met die vullis verwyderings dienste.  ~ 

AS jy in sekere dele van die Stad Kaapstad bly gaan daar vertragings wees met jou vullisverwydering.

Die Stad sê as gevolg van die impak van die virus, daar vertragings gaan wees van tyd tot tyd met die vullis verwyderings dienste en dat inwoners asseblief geduldig moet wees, veral as daar positiewe gevalle onder personeel is.

Volgens die Stad sal daar veral vertragings wees in gebiede wat gediens word deur die Mitchells Plain en Woodstock Collections Depots.

Die een in Mitchells Plain is Woensdag gesluit en die Woodstock depot, Maandag.

Twee werkers by die Woodstock depot het positief getoets terwyl een werker positief was by Mitchells Plain. (Twee van die lede was kantoorwerkers terwyl een deel van die removal crew was).

As gevolg van die positiewe toetsing moet die fasiliteite gesluit bly vir ongeveer drie dae vir deep cleaning en disinfektering wat eers afgehandel moet word.

Die mense wat in kontak was met die positiewe gevalle, word gevra om te self-kwarantyn.

Dienste behoort vanaf volgende week voort te gaan in die geaffekteerde gebiede.

Inwoners word gevra om hul bins weer tot op hul eiendom te bring tot met die volgende bin dag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters