6 dae gelede
Covid sluit sendingdorpie se cop shop
genadendal,saps
Genadendal-polisiestasie moes tydelik gesluit word toe 'n beampte positief getoets het.  ~ 

TOE GENADENDAL bewus word van ’n Covid-19 geval in die sending-dorp het hulle onmiddellik die hoofpad waar mense in en uit die dorpie beweeg gesluit.

Dit was tevergeefs, die virus was reeds binne en besig om te versprei.

Die Genadendal-polisiestasie moes tydelik gesluit word nadat ’n polisieman positief vir Corona-virus getoets het.

In ‘n verklaring lig die Overberg distriksmunisipaliteit die publiek van die geval in kennis. 

Die verklaring lui: “Die Genadendal-polisiestasie is tydelik gesluit en word deur die plaaslike brandweer ontsmet. Dis nadat ‘n lid van die polisiestasie positief getoets het vir COVID-19. “Die Genadendal-polisiestasie sal na verwagting Vrydagaand (22 Mei) weer heropen.

“Die polisiebeampte is nou in self-kwarantyn, asook amptenare wat met die pasiënt in aanraking gekom het. 

“Die departement van gesondheid onderneem dringende kontak-opsporing, om enige lede van die publiek wat moontlik met die amptenaar in aanraking gekom het, op te spoor.”

Met die Genadendal-polisiestasie tydelik gesluit het die Greyton-polisiestasie as basis vir die gebied ook gedien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters