Verlede maand
Covid-plan werk, sê Winde
Alan Winde, Wes-Kaapse premier  ~ Melinda Stuurman

IS DIE Wes-Kaap reg vir vlak 1 van lockdown?

Volgens die premier, Alan Winde, toon statistieke dat getalle regdeur die bank afgeplat het as dit kom by sterftesyfers, hospitaalbeddens, die verskaffing van suurstof en toetsing vir Covid-19. Daar was ’n opswaai in die herstelsyfers.

Winde het Donderdag in ’n telecon aangekondig dat dinge so “goed” gaan dat die CTICC-veldhospitaal, die Hospital of Hope, byvoorbeeld gesluit gaan word. Omdat daar geen pasiënte in die laaste tyd nie opgeneem is nie. Die sogenaamde "hotspot containment"-strategie wat geimplimenteer is om die gedrag van gemeenskappe ten opsigte van die virus te verander het ook vrugte afgewerp. 

Laboratoriums

Dis gebruik om vroeë tekens van die virus in gemeenskappe op te spoor en hok te slaan deur die dra van maskers, social distancing en gereelde handewas.

Daar is ook nie ’n backlog van toetsing vir die virus, in beide die openbare en private laboratoriums, nie.

Die program om hoë-risiko-groepe, soos mense met diabetes, vinnig te identifiseer, veral op die platteland, werk ook goed. 

Sedert die CTICC-veldhospitaal geopen het is 1 502 pasiënte ingeboek, met 1 421 wie ontslaan is en daar was 81 sterftes.

By die Brackengate-veldhospitaal was daar tot op datum 295 toelatings van Covid-pasiënte, 229 is ontslaan en 56 het gesterf. Die Thusong Centre­veldhospitaal in Khayelitsha se deure is toe en die toerusting is na mediese fasiliteite in die Oos-Kaap gestuur. In dié township was daar 241 mense ingeboek, 194 ontslaan en 34 het gesterf.

Die Sonstraal-Hospitaal het 63 beddens gereed gehad vir Covid-19-pasiënte, maar daar is tans net vyf pasiënte. 

Druk

In Mitchells Plain is daar 60 beddens, in Hermanus 32, in Vredendal 20 en in George 40, terwyl baie ander hospitale addisionele beddens vir Covid-pasiënte beskikbaar gestel het.

Volgens Winde het die druk van die virus baie gedaal, veral in die metro, en ook onlangs op die platteland. Hospitale het daarom nou die kapasiteit vir ander kritiese dienste.

Hospitale maak nou plek vir ander pasiënte en dat medici van die metro op die platteland ingespan word. Winde sê die provinsie se reaksie op die pandemie was suksesvol vanaf die begin af. 

Hy meen dat die situasie goed dopgehou moet word vir ten minste die volgende een tot twee jaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters